Bfn-vrou kry glo blou oog omdat sy seks weier

Bfn-vrou kry glo blou oog omdat sy seks weier

’n Gesiene man van die Rosestad wat sy vrou glo op die oog geslaan het nadat sy hom seks geweier het, is gister hier in die landdroshof op borgtog van R1 000 uitgelaat.

Netwerk24 berig die 38­-jarige man, glo alombekend, se naam word op regsadvies verswyg.

Die gebeure spruit uit ‘n voorval op 25 Mei toe sy vrou hom die koue skouer gegee en met ‘n blou oog daarvan afgekom het.

Sy is blykbaar ook nie sy eerste vroulike slagoffer nie en dit het in die borgtogaansoek aan die lig gekom dat daar vroeër twee lasbriewe vir sy inhegtenisneming uitgereik is.

Een daarvan is vir ’n aanrandingsklag wat een van sy vorige twee vrouens ingedien het.

Die ander een is vir agterstallige onderhoud aan die ander gewese vrou.

Nico Naudé, die man se prokureur, het voor landdros Ancois Venter gesê sy plek is reeds in ’n hospitaal bespreek waar hy sielkundige hulp gaan kry.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Bfn-vrou kry glo blou oog omdat sy seks weier"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This