Die liggaam van ’n vrou van Bloemfontein wat Donderdag naby die Soetdoring-natuurreservaat gehengel het, is in die Modderrivier gevind.
Die 52-jarige Johanna Maria de Bruin het glo op die plaas Kruidfontein, 35 km buite Bloemfontein op die Bultfontein-pad, gaan hengel toe sy vermoedelik verdrink het.
Volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het ’n vrou Vrydagoggend vroeg De Bruin se liggaam in die rivier sien dryf en die polisie ontbied.
Hy het gesê ’n geregtelike doodsondersoek is begin.
Netwerk24 berig die eienaar van dié plaas wou ook nie oor die voorval uitwei nie.