Bfn-waterkrisis: Nuwe staalpyp gaan geïnstalleer word

Bfn-waterkrisis: Nuwe staalpyp gaan geïnstalleer wordFoto: Free State Times

Nuus oor die Bloemfontein waterkrisis, is dat die tweede beskadigde waterpyp
uitgegrawe is, en `n nuwe staalpyp nou geïnstalleer word.

Dit sal na raming sowat 20 uur sal neem, en dan `n verdere 12 ure vir die water om by die opgaardamme in te loop.

Intussen het nog waterpyp-knelpunte in die noorde en suide van die stad
opgeduik.

Intussen het die Vryheidsfront Plus vandag ‘n strafregtelike klag gelê teen die
Mangaung Metro-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, en die waarnemende stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, weens die voortslepende waterkrisis wat Bloemfontein die afgelope week lamlê.

Elizabeth Snyman-Van Deventer, VF Plus raadslid in die Mangaung Metro-munisipliteit, sê dit is Mlamleli en Mea se verantwoordelikheid om te verseker dat inwoners doeltreffende, bekostigbare, ekonomiese en volhoubare waterdienste ontvang.

Sy sê die waterkrisis wat Bloemfontein se woonbuurte nou ervaar is die direkte gevolg van ‘n tekort aan bevoegde amptenare en ‘n gebrek aan ‘n politieke wil in die metro se bestuur om die voortslepende waterprobleme daadwerklik aan te spreek.

Anton Smith

Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This