Bloemfontein se kraanwater is na bewering wel veilig vir menslike gebruik

"Slim watermeter" ontwikkel vir skole

Bloemfontein se kraanwater is na bewering wel veilig vir menslike gebruik.

Volgens Dr Elsabe Botes van Test It Labs Bloemfontein is die water wat van die
Brandkop- en Hamilton-opgaardamme kom, wel binne die wettige toetsvereistes.

Hierdie opgaardamme, onder andere, voorsien water aan Bloemfontein.

Hoewel die DA gister sy kommer uitgespreek het oor die watergehalte in die
Soutpan-opgaardam, affekteer dit nie die Mangaung-metro se kraanwater nie.

Rossouw Botes, DA wyksraadslid in die metro het gister in `n verklaring aangedui dat daar egter wel bevind is dat die Soutpan-opgaardam hoër as die normale vlakke van e.coli getoets het.

Vroeëre berigte gister dat Bloemfontein se water besmet is met e.coli, is dus nie die geval nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé