Boer van Reitz kry R1,8 miljoen se skadevergoeding van Eskom

Boer van Reitz kry R1,8 miljoen se skadevergoeding van Eskom

’n Boer van Reitz in die Vrystaat kry R1,8 miljoen se skadevergoeding van Eskom nadat een van dié kragvoorsiener se pale omgeval en ’n veldbrand
veroorsaak het.

Netwerk24 berig Marinus Köhler van die plaas Verdun het meer as 2000 bale tef verloor toe dit in die brand vernietig is.

Die brand het op die plaas Delville ontstaan en na Verdun versprei.

Regter Abe Mathebula het ook by ooreenkoms tussen die partye gelas dat Eskom Köhler se regskoste moet betaal.

Luidens Köhler se eis het die brand op 22 Julie 2016 ontstaan nadat ’n kragpaal omgeval en die vonke van die kragdrade die veld aan die brand gesteek het.

Die bale tef wat op die plaas Verdun geberg is, is deur die brand vernietig.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This