Bomaanval op Istanboel lughawe: Dodetal styg

Bomaanval op Istanboel lughawe: Dodetal styg

Die BBC berig dat die dodetal weens die selfmoordbomaanval gisteraand deur vermeende Islamitiese Staat terroriste op die internasionale lughawe in Istanboel in Turkye tot 41 gestyg het terwyl meer as 200 ander mense beseer is.

Die drie bomdraers het daarin geslaag om die polisie te ontwyk, die lughawe gebou binnegegaan en wild op passasiers en lughawe personeel begin skiet voordat hulle hulself met plofstof in die lug geblaas het.

Sover bekend is geen Suid-Afrikaners dood of beseer in die aanval nie.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Bomaanval op Istanboel lughawe: Dodetal styg"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This