Boodskap in ʼn bottel gevind 132 jaar nadat dit oorboord gegooi is

Boodskap in ʼn bottel gevind 132 jaar nadat dit oorboord gegooi isFoto: The Telegraph

ʼn Gesin van Perth het die wêreld se oudste bekende boodskap in ʼn bottel
gevind, bykans 132 jaar nadat dit in die see gegooi is.

Die Illman-gesin het die bottel opgetel op ʼn afgeleë strand in Wes-Australië.

Die gesin het die stukkie papier in die bottel uitgedroog en uitgevind dat dit van ʼn Duitse skip op 12 Junie 1886 afgegooi is.

Die vorige Guinness-wêreldrekord vir die oudste boodskap in ʼn bottel was 108 jaar vanaf die afsending tot die ontdekking daarvan.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This