BOODSKAP OOR WATERKRISIS IN BFN GLO VERKEERD

BOODSKAP OOR WATERKRISIS IN BFN GLO VERKEERD

’n Boodskap oor die waterkrisis in Bloemfontein en ander dele in die Mangaung-metro se munisipale gebied “uitgelek” het, was glo verkeerd.

’n Kennisgewing is rondgestuur wat lui die Mangaung-gebied gaan nog net ses weke van ononderbroke watertoevoer hê, waarna beurtwater glo ingestel sal word indien die droogtetoestande nie verbeter nie.

Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro, het aan Netwerk24 gesê die verkeerde inligting, wat paniek onder gemeenskapslede veroorsaak het, is glo versprei deur een van die beamptes wat deel van ’n sitting van die rampbestuuren krisiskomitee was.

Khedama het gesê die metro beskou dit as oneties en ontstellend en gaan ondersoeke na die voorval begin.

Die sitting van die rampbestuuren krisiskomitee het Donderdag plaasgevind en programme oor hoe munisipaliteite in die Vrystaat die waterkrisis hanteer, is bespreek.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This