Brand eis 6 lewens

Brand eis 6 lewens

Ses mense is dood toe hulle blyplek in die Wallacedene-plakkersgebied in Kraaifontein in die Wes-Kaap afgebrand het.

Die woordvoerder van Kaapstad se brand- en reddingsdienste, Theo Layne, sê ‘n vrou is ook in die hospitaal opgeneem vir rookinaseming en brandwonde.

Vier van die slagoffers was kinders.

Die brand is vermoedelik deur ‘n verwarmer veroorsaak.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Brand eis 6 lewens"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This