Brian Molefe soek die geleentheid om homself te verdedig

Brown, Eskom-raad verskyn voor komitee oor Molefe

Brian Molefe het die ondersoekers wat deur die Tesourie aangestel is, van
prosedure-onreëlmatighede beskuldig in hul ondersoek na die agteruitgang van Transnet en Eskom onder sy bestuur.

Hy voer aan dat hy in staat sal wees om te verduidelik wat eintlik gebeur het, indien hy voldoende geleentheid gegun word om die onderliggende dokumente te bestudeer vir transaksies wat hy gemagtig het en wat oënskynlik die Guptas verryk het.

Business Day berig dat Molefe voel die ondersoek is prosedureel onregverdig.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé