Britse vrou sterf na afloop van senugas-aanval

Britse vrou sterf na afloop van senugas-aanval

Die Britse vrou wat verlede week deur ʼn senumiddel vergiftig is, is in die
hospitaal dood.

Die 44-jarige Dawn Sturgess en haar maat, Charlie Rowley, is bewusteloos aangetref in ʼn huis in Amesbury in die weste van Engeland.

Rowley se toestand is steeds kritiek.

Die middel, Novichok, is tydens die Koue Oorlog deur die Sowjet-weermag ontwikkel en is in Maart gebruik teen die voormalige Russiese dubbelagent, Sergei Skripal en sy dogter Yulia.

Die polisie hanteer die jongste voorval as ʼn moordsaak.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This