Brittanje gaan glo Rusland beskuldig dat hy Skripal en sy dogter vergiftig het

Brittanje gaan glo Rusland beskuldig dat hy Skripal en sy dogter vergiftig hetYulia en Sergei Skripal. Foto: The Australian

Die Britse eersteminister, Theresa May, is glo op die punt om Rusland in die
openbaar daarvan te beskuldig dat hy die voormalige spioen, Sergei Skripal, en sy dogter in Salisbury vergiftig het.

Die 66-jarige Skripal en die 33-jarige Yulia is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle verlede naweek bewusteloos op ʼn bank in die Engelse stad aangetref is.

Sky News berig dat senior regeringsbronne sê dat die polisie en veiligheidsdienste genoeg getuienis ingesamel het om Moskou met die pogings tot moord te verbind.

Die regering hou later ʼn nasionale veiligheidsraadvergadering en ʼn aankondiging kan daarna gedoen word tesame met moontlike gevolge vir Rusland.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This