BUITELANDERS IN BLOEMFONTEIN MET PERLEMOEN BETRAP

Rosestad 100.6 PerlemoenFOTO VERSKAF

Twee buitelanders is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle in besit van perlemoen ter waarde van R 10 duisend betrap is.

‘n Man en ‘n vrou is by ‘n besigheidskompleks in Pellissier in die stad ondervra, waarna hulle na die vrou se huis is waar die perlemoen gevind is.

Die 44 jarige vrou is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van perlemoen.

Die 48-jarige man is glo ‘n onwettige immigrant.

Die twee sal binnekort in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "BUITELANDERS IN BLOEMFONTEIN MET PERLEMOEN BETRAP"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This