Christopher Panayioutou vandag terug in die hof oor sy lewenslange vonnis

CHRISTOPHER PANAYIOTOU WEER IN DIE HOF

Die veroordeelde moordenaar Christopher Panayioutou sal vandag in die Hooggeregshof in Port Elizabeth aansoek doen vir verlof om appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis.

Panayioutou dien lewenslange tronkstraf uit vir die beplanning van die ontvoering van en moord op sy vrou, Jayde, in April 2015.

Sy medebeskuldigde Sinethemba Nenembe is ook lewenslank tronk toe gestuur vir die moord.

Nog ‘n medebeskuldigde, Zolani Sibeko, is tot 15 jaar gevonnis vir sameswering tot moord.

Die selferkende middelman, Luthando Siyoni, sal Vrydag om borgtog aansoek doen nadat sy vrywaring verval het omdat hy ontsnap het.

Hy is onlangs weer aangekeer en sal nou tereg staan op aanklagte van moord, sameswering tot moord en ontvoering.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé