DA is vol vertroue dat Trollip sal steeds die burgemeester wees

Trollip soek antwoorde oor Mti se ondersoek

Die DA in die Nelson Mandelabaai Metroraad is vol vertroue dat hul leier, Athol Trollip ná vandag se raadsvergadering steeds die burgemeester sal wees.

Die DA-lid, Nqaba Bangha, het die EFF se mosie van wantroue teen Trollip as rassisties bestempel.

Hy sê die DA sal dié aanslag oorleef omdat ander politieke partye nie in rasseverdeeldheid glo nie.

Die debat oor die EFF se mosie kon tydens die vorige sitting nie voortgaan nie, nadat chaos uitgebreek en die vergadering onbepaald uitgestel is.

Bhanga sê die DA het die steun van kleiner partye omdat hulle ook glo in ‘n gemeenskap waar almal saamwerk en kleur nie ‘n rol speel nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This