DA koukus vergader om glo die herroeping van de Lille as burgemeester te bespreek

"ANC SPEEL VUIL POLITIEK" - DE LILLE

Die DA koukus in Kaapstad vergader tans om glo die herroeping van Patricia
de Lille as burgemeester te bespreek.

Dit volg nadat wysigings verlede naweek aan die party se grondwet aangebring is.

Die leier van die koukus, JP Smith, sê dit is die gewone tweeweeklikse vergadering wat vanoggend plaasvind.

‘n DA-lid in die Gautengse Wetgewer, Khumo Ramulifho, gaan intussen met die voorsitter van die DA se Federale Raad, James Selfe vergader om die aanstelling van Natasha Mazzone as die DA se tweede adjunkvoorsitter, te bespreek.

Die DA het berigte verwerp dat Mazzone aangestel is sonder dat sy vir die pos verkies is.

Ramulifho dreig om regsadvies in te win indien die vergadering met Selfe nie die kwessie uitklaar nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This