DA vaar weer uit oor omstrede Suiwelprojek

FOTO: M&G

Die DA in die Vrystaat sê die departemente van landbou, finansies en openbare werke asook die Vrystaat Ontwikkelingskorporasie moet aanspreeklik gehou word vir die verlies van miljoene rand by die Vrede Suiwelprojek en ‘n mislukte konstruksieprojek van ‘n nuwe gebou vir die provinsiale wetgewer.

Die DA lid in die wetgewer, Roy Jankielsohn, het sy mening gegee tydens ‘n gesamentlike sitting van die komitees oor Openbare Rekeninge en Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling wat wil vasstel wie vir die twee projekte verantwoordelik gehou moet word.

Jankielsohn sê daar is geen bewys dat enige geld bestee is aan die konstruksie van ‘n nuwe gebou vir die wetgewer nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This