15de Trap vir Bybels toer vind plaas 18/19/20 Februarie 2016. Begin in Johannesburg – Mosaic Kerk - 1ste dag tot Parys. 2de dag Parys tot in Welkom 3de dag Welkom via Bultfontein tot by Bybelhuis Bloemfontein, 480Km in total – maar hoef nie hele roete te voltooi – kan enige dag aansluit. ELKEEN MAAK ‘N VERSKIL WANT ELKE BYBEL MAAK ‘N VERSKIL! Fietry hemp en baie pryse beskikbaar. Skakel Ds Gerrie van Dyk vir besonderhede 083 448 2127 of kantoor…
Find out more »Woon “Die troue” by en help ‘n behoeftige student! Dis nie aldag dat ‘n mens ‘n “troue” kan bywoon en daardeur behoeftige studente kan help nie. “Die troue” is egter nie jou gewone huwelikseremonie nie, maar ‘n toneelstuk wat deur die dramadepartement van die Universiteit van die Vrystaat op die planke gebring word. Woon die openingsaand by en, in plaas van ingangsfooie, maak ‘n donasie wat kan bydra tot ‘n studiebeurs vir ‘n behoeftige student. “Die troue” is ‘n prettige,…
Find out more »Saterdag 5 Maart om 09:00, Herfsjare skop af met ‘n lekker ontbyt om nuwe bande te smee en bestaandes te versterk en u kan luister na pragtige musiek. Koste is R40 p.p. Plek : Hugenoot Kerksaal Kaartjies beskikbaar by kerkkantoor gedurende kantoorure en ook by Noorderbloem. Die laaste dag vir die aankoop van die kaartjies is Vrydag 26 Februarie voor 12:30. Elna Venter: Inligtingsbeampte Tel : 051 436 2659
Find out more »Datum: 5 Maart 2016 Tyd: 9h00-13h00 Plek: Brillstraat, Westdene, Bloemfontein Handgemaakte produkte met keur en unieke antieke ware. Kom geniet watertand kos, lekker musiek en topgehalte kuns. Vir die kleuters is daar kleurvolle, speelparkie en ander aktiwiteite. Bring 'n piekniekkombers en geniet tyd saam met die gesin. Toegang is gratis en sekuriteit is opgeskerp. Kontak: Marlene 08251 99030 Email: westdeneparkmarket@gmail.com aansoek vir 'n stalletjie Facebook: Westdene Park Mark
Find out more »Die Stigting vir Artritis van Suid-Afrika Bloemfontein-tak nooi die publiek en gesondheids Deskundiges uit na ‘n praaitjie oor Osteo Artritis 9 Maart 2016 Deur dokter P C Pelser (Ortopeed) en Anja Kleynhans en Elaine Steyn (Arbeidsterapeute) Tyd: 17:50 tot 20:00 Verversings beskikbaar. Enige donasies sal opreg waardeer word. Navrae/besprekings: Corrie Bruwer @ 082 921 4234 of SMS AMPATH LESINGSAAL OP DIE HOEK VAN PAUL KRUGER LAAN EN TURQUIS STRAAT REG LANGS CAIRN HALL EENHEID
Find out more »Ons organisasie lewer dienste aan persone met intellektuele, psigiatriese en emosionele gestremdhede in Bloemfontein. Maart maand is ons bewusmakings maand vir persone met intellektuele gestremdhede. Ons fokus hierdie jaar op intellektueel gestremde persone se reg tot onderrig en opleiding. Ons bied in Maart n bespreking aan oor die aangeleentheid en nooi alle persone wat sal belangstel in die onderwerp om dit by te woon. Skole, ouers van kinders met intellektuele gestremdhede en lede van die publiek is welkom. Besonderhede soos volg: Spreker: Mnr Mogotsi…
Find out more »Almal welkom! Wanneer: 11 Maart 14:00 tot 18:00 Waar: 2 Thompsonstraat, Westdene ( NG Kerk Bloemheuwel) Toegang: Gratis Items byvoorbeeld: Heerlike lekkerye te kies en te keur, perdjieritte, trapkarretjies, springkasteel en ‘n groot speelterrein om te geniet, asook gelukkige trekkings. Kosbestellings: Kontak ons ontvangs vir bestellings, daar word ‘n groot verskeidenheid aangebied en kan deur loop van die oggend afgehaal word. Kontakbesonderhede: Bambi Pre-Primêr Kantoor – 051-447 1352
Find out more »Sion Gemeente in langenhovenpark, 5 du Plessis rd, bied op die 11de maart tot die 12 die Kursus "Stel jou grense, hoe om nee te sê en wanneer om ja te sê binne God se wil." Die kursus begin die vrydag aand en maak klaar die Saterdag middag. Belangstellendes kan Pastoor Marius van der Linde skakel, sms, whatsapp by 084 417 3565. Kostes beloop R280-00 per persoon of vir n groep van 3 of meer slegs R200-00 per persoon. Beperkte…
Find out more »Datum: 11 Maart 2016 Tyd: 19:00 Plek: Windpomp - "Salt Lake Saloon: Koste: R120 per persoon (Manne Aand) Navrae: Louis 083 262 2518 of 051 811 0026
Find out more »'n Anti-dwelm en alkohol veldtog word gehou by Sion Gemeente in Langenhovenpark. Is iemand wat u ken of een van u geliefdes vasgevang in n web van verslawing. Is u moedeloos, raad op weet u nie meer watter kant toe nie dan is die moontlik die antwoord waarop u wag. Kom maak 'n draai by ons op die 18 de en 19 de maart om 18h00. Daar is inligting oor beskikbare hulp, gas sprekers, brosjures en nog meer. DAAR IS…
Find out more »P.A.C.O.F.S. en die gemeenskap van Bloemfontein kondig met groot geesdrif aan dat Pilatus – ‘n Kruis in die Pad, die Passiespel is wat Bloemfontein hierdie jaar gaan betower. Dit is gemeenskapsteater op sy beste! Kom deel gerus in hierdie wonderlike ervaring op Donderdag 24 Maart (om 19:30) en Saterdag 26 Maart (om 10:00 en 19:30) in die Sand du Plessis Teater. Kaartjies beloop R 65.00 elk en is by P.A.C.O.F.S. se kaartjieskantoor beskikbaar. Pilatus – ‘n Kruis in die Pad…
Find out more »