“Departement se dreigement is ‘n klap in die gesig”

"Slim watermeter" ontwikkel vir skole

Die Vryheidsfront Plus het die departement van waterwese se dreigement om
Vrystaatse munisipaliteite se water af te sny, as ‘n klap in die gesig van betalende inwoners bestempel.

Munisipaliteite in die provinsie het waterskuld van nagenoeg R3 miljard.

Die VF-Plus se leier in die Vrystaat, Jan van Niekerk, sê water is ‘n grondwetlike reg en dit is onregverdig dat betalende inwoners moet deurloop onder die wanbestuur van munisipaliteite, waterrade en waterverskaffers.

Die departement dreig om die watertoevoer na sewe Vrystaatse munisipaliteite af te sny indien hulle nie teen 8 Desember hulle waterrekenings vereffen nie.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This