Die burgemeester van die Masilonyana-munisipaliteit bedank

Die burgemeester van die Masilonyana-munisipaliteit bedank

Die burgemeester van die Masilonyana-munisipaliteit, Nontsizi Moshana, het
onder `n wolk van verdagte administrasie bedank.

Dié munisipaliteit, sluit onder andere Brandfort en Winburg in.

Die DA Wyksraadslid vir die munisipaliteit, Marieta Visser, sê Masilonyana is reeds verlede jaar onder administrasie geplaas, maar dit is tot op hede nog nie geïmplimenteer nie.

Visser sê voorafbetaalde elektrisiteit sou ook verlede jaar geïnstalleer word, maar dit het ook nie gebeur nie.

Sy sê daar is chaos met munisipale rekeninge, die munisipale waardasierol is nog nie voltooi nie, en projekte staan onafgehandel.

Die DA staan ook die munisipaliteit se jongste begroting teen.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This