Die DA sê Patricia de Lille moet steeds volgens die party se mandaat optree

Die tweede adjunkvoorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, Natasha Mazzone, sê die Hooggeregshof se uitspraak oor Patricia de Lille beteken dat Kaapstad se inwoners altyd prioriteit moet geniet.

Mazzone het gepraat ná die beslissing dat De Lille as burgemeester van Kaapstad moet aanbly totdat die hof oor haar DA-lidmaatskap beslis het.

Die DA het De Lille uit die party geskop nadat sy gesê het sy sal die party verlaat sodra haar naam in ere herstel is.

Talle aantygings word teen De Lille gemaak.

Mazzone sê De Lille moet besef dat sy tot die uitspraak op 25 Mei as DA-lid dien en volgens die DA se mandaat en beginsels moet optree.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This