Die DBV en Mangaung Metro het hul varkies op hok

Die Bloemfonteinse DBV en die Mangaung Metro het hul varkies op hok,
meer spesifiek die spul rondlopervarke wat woonbuurte soos Pellisier die afgelope ruk terroriseer.

Netwerk24 berig die vark-vangery het gevolg op klagtes dat tot 22 varke van informele boere gereeld in Pellissier vullissakke oopskeur om daaruit te vreet.

Volgens die DA se Rossouw Botes, wyk-raadslid, het hy gereeld agter die varke aangehardloop om hulle te verwilder, selfs Sondae ná kerk.

Nadat hy weer met stadsamptenare gaan praat het oor die situasie, het van die metro se beamptes gister saam met die DBV die varke wat nie op hok is nie, op die meentgrond gaan vang.

Ná ’n taamlike geskarrel is ’n sog met sewe kleintjies gevang.

Volgens Reinet Meyer, senior inspekteur van die DBV, sal die varke twee weke by die DBV bly en sal dit die eienaars R150 per dag kos as hulle hul varke kom haal.

Daarna is die abattoir of veiling hulle voorland.

Volgens Botes gaan daar vandag weer rondlopervarke gevang word.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This