“Die hele Australiese krieketspan moes geweet het van die balpeutery”

"Die hele Australiese krieketspan moes geweet het van die balpeutery"

Die voormalige Engelse internasionale speler, Andrew Flintoff, glo nie vir een oomblik dat slegs drie spelers in die Australiese span van die balpeuterpoging geweet het tydens verlede maand se derde toets teen Suid-Afrika in Kaapstad nie.

Die kaptein Steve Smith, onderkaptein, David Warner en aanvangsbouler Cameron Bancroft het taai skorsings ná die skandaal ontvang en die afrigter Darren Lehmann het bedank.

Flinthoff het aan die BBC gesê hy worstel om te dink dat almal in die span nie vooraf geweet het nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This