Die NVG sê hy kan oud-ministers vervolg as hy aanklag-dossier ontvang

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy kan vervolging instel indien hy ʼn dossier ontvang met getuienis wat voormalige regeringsministers uit die apartheidsera betrek by ʼn kinderseks-sindikaat.

Dit volg ná die verskyning van ʼn boek waarin die voormalige ministers Magnus Malan, John Wiley en nog ʼn ongenoemde minister daarvan beskuldig word dat hulle in die 1980’s jong seuns in die Oos-Kaap gemolesteer het.

IOL berig dat die NVG daarop wys dat geen verjaringswet op verkragtingsake van toepassing is nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé