Die oorblywende vier sokkerseuns word vandag gered

Die oorblywende vier sokkerseuns word vandag gered

Reddingspogings sal vandag voortgaan om die laaste vier seuns wat in grotte in die noorde van Thailand vasgekeer is, na veiligheid te bring.

Altesaam agt seuns is tans in die hospitaal vir waarneming.

Die hospitaalowerheid sê die eerste vier seuns wat gered is, kan reeds opstaan en mag ‘n kort ent loop.

Hulle het ook gewone kos begin eet.

Die oorblywende vier seuns sal na verwagting vandag uit die grotte gebring
word.

Die groep is op 23 Junie vasgekeer toe die Tham Luang-grotte oorstroom het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This