Die polisie se diensvlakooreenkomste bevraagteken

Die polisie se diensvlakooreenkomste bevraagteken

Die DA sê dis onaanvaarbaar dat Suid-Afrika se nasionale veiligheid en die
integriteit van sy strafregstelsel as gyselaar gehou word deur Forensic Data
Analysis.

FDA, ʼn maatskappy wat besit word deur die voormalige polisieman, nou
sakeman, Keith Keating, het gedreig om die strafregstelsel lam te lê indien hy nie teen middernag betaal word nie.

Die DA se Zak Mbhele sê dis ondenkbaar hoe die SAPD nagelaat het om ʼn diensvlakooreenkoms aan te gaan om lospryseise deur verskaffers soos die FDA te voorkom.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This