Die tel van stemme begin in Zimbabwe

Wit boere wat uit Zimbabwe gesit is, eis meer as R100 miljard van die nuwe regering

Die tellery van stemme ná gister se algemene verkiesing in Zimbabwe is aan die gang en die volledige uitslae word in vyf dae afgewag.

President Emmerson Mnangagwa het die proses beskryf as ʼn lieflike uitdrukking van vryheid en demokrasie en sy landsgenote aangemoedig om geduldig op die uitslae te wag.

Mnangagwa word gesien as die gunsteling in die presidensiële wedloop teen die MDC-leier, Nelson Chamisa.

ʼn Herverkiesing sal in September gehou word indien nie een van die 23 kandidate meer as vyftig persent van die stemme op hulself kon verenig nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé