Dineo: Dodetal in Mosambiek kan styg

Dineo: Dodetal in Mosambiek kan styg

Owerhede in Mosambiek sê die dodetal weens die tropiese sikloon Dineo kan
nog styg.

Die sikloon het ‘n spoor van verwoesting in die Inhambane-provinsie
gelaat toe dit huise en bome voor hom platgevee het.

Minstens vier mense is sover bekend dood en meer as 20 000 wonings verwoes.

‘n Woordvoerder van die nasionale nooddienste in Mosambiek, Mauricio Xerinda, sê reddingsoperasies gaan voort.

Die sikloon is intussen afgegradeer en word nou ex-Dineo genoem, maar die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê dit sal steeds teen vanoggend swaar reënneerslae oor dele van Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal veroorsaak.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This