Dit is kiesers-registrasie-naweek en talle beroepe is reeds op stemgeregtigde burgers gedoen om seker te maak dat hulle name op die kiesersrol verskyn.
Indien ‘n persoon nie as kieser geregistreer is nie, kan hy of sy nie in die komende munisipale verkiesing stem nie.
Kantore van die departement van Binnelandse Sake is vanoggend van agtuur tot vyfuur oop met die oog op die registrasie van kiesers.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het vroeër gesê 9 miljoen stemgeregtigde Suid-Afrikaners is nie as kiesers geregistreer nie.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.