Donkie Booysen oorleef nog ‘n aanslag op sy lewe

Donkie Booysen oorleef nog ‘n aanslag op sy leweFoto: News24

Die vermeende Wes-Kaapse bendeleier, Jerome “Donkie” Booysen, het nóg ʼn
aanslag op sy lewe oorleef.

Die polisie het ʼn skietvoorval by ʼn winkelsentrum in Kuilsrivier, Kaapstad bevestig, waartydens Booysen gewond is en nog iemand doodgeskiet is.

ʼn Ooggetuie het die bloeiende Booysen uit ʼn restaurant in die Son Eike-winkelsentrum sien vlug.

Hy het ook ʼn skietery in Oktober by die Kaapstadse lughawe oorleef.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé