Doodskis-twee se appèl vandag in Bloemfontein aangehoor

DOODSKIS-VOORVAL: VERHOOR BEGIN IN MAARTWillem Oosthuizen en Theo Martins. Foto: IOL

Die twee mans wat in die sogenaamde doodskissaak in die hooggeregshofsitting in Middelburg, Mpumalanga, tot onderskeidelik 11 en 14 jaar tronkstraf gevonnis is, se appèl teen hul skuldigbevinding en vonnis word vandag in die Appèlhof in Bloemfontein aangehoor.

Willem Oosthuizen en Theo Jackson se borgtogaansoek is vroeër van die hand gewys hangende hul appèl teen hul skuldigbevinding en vonnis.

Verlof tot appèl is in Februarie aan die twee mans toegestaan.

Die saak spruit uit ‘n voorval waarin hulle Victor Mlotshwa in ‘n doodskis ingedwing het nadat hy volgens hulle koperkabels op ‘n plaas gesteel het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé