“Doodskis-twee” se borgtogaansoek verwerp

DOODSKIS-VOORVAL: VERHOOR BEGIN IN MAARTWillem Oosthuizen en Theo Martins. Foto: IOL

Die Hooggeregshof het in Middelburg die borgtogaansoek verwerp van Theo
Jackson en Willem Oosthuizen.

Die twee mans van Mpumalanga is tronkstraf van meer as tien jaar opgelê nadat hulle probeer het om Rethabile Mlotshwa te vermoor deur hom in ʼn doodskis in te dwing en te dreig om hom aan die brand te steek.

Hulle wou vrygelaat word in afwagting op die Appèlhof se uitspraak in hul saak.

Die Hooggeregshof het beslis dat hulle appèl waarskynlik nie sal slaag nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This