DROOGTE IN VRYSTAAT NOG NIE GEBREEK NIE

Rosestad 100.6 Nuus Droogte

Vrystaat Landbou sê die droogte in die Vrystaat is nog nie gebreek nie, hoewel die provinsie se landbou gemeenskappe ongelooflik dankbaar is vir die reën wat verlede week en oor die naweek voorgekom het.

In die oostelike dele van die provinsie het tussen 2mm en 40mm reën in die distrikte van Reitz, Rosendal, Clocolan, Paul Roux, Clarens, Bethlehem, Kestell en Kransfontein geval.

Vrystaat Landbou se Henk Vermeulen sê van die landbouers wat in hoop in dié dele al begin plant het, is ongelooflik dankbaar vir die reën.

Ryp is ook Maandagoggend aangemeld, met landbouers wat veral in die Reitz distrik met wit grasperke wakker geword het.

In die noordelike dele wat Tweeling, Frankfort en Sasolburg wissel reënval tussen niks en 40mm, met die landbouers van Sasolburg wat tans moedig plant na tussen 30mm en 40mm se reënval.

Die baie droeë dele van Wesselsbron, Bothaville, Bultfontein, Boshoff en Hertzogville het nog nie noemenswaardige reën gehad nie, met landbouers wat sê die stof lê tot drie duim dik.

In die sentrale dele wat Hennenman, Heilbron, Bloemfontein, Tweespruit en Excelsior insluit is tussen 18mm en 60mm gemeet verlede week en oor die naweek.

In die suidelike dele van die provinsie, wat die Rouxville, Luckhoff en Vanstadensrus distrikte insluit wissel die reën tussen niks en 14mm.

Vermeulen sê talle landbouers is nou moedig dat goeie opvolg reën sal volg, terwyl talle ander steeds ’n krisis beleef en ernstig reën en hulp benodig.

Hy het ook Vrystaat Landbou sy lede aanhemoedig om die organisasie se droogte behoefte bepalings vorm in te vul en aan ons deur te gee.

“Diegene wat moontlik met skenkings kan help, word ook gevra om die toepaslike vorm in te vul, sodat ons ons lede met behoeftes in kontak kan bring met diegene wat dalk vir hulle uitkoms kan gee. ”

Die nodige vorms is op ons webtuiste beskikbaar, www.vrystaatlandbou.co.za.

Vrystaat Landbou mediaverklaring

WATERNUUS LOGO FB

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "DROOGTE IN VRYSTAAT NOG NIE GEBREEK NIE"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This