#DROOGTE: VRYSTAAT VERLOOR R 412 MILJOEN

WOESTYNTOESTANDE: Hierdie foto's is by Dealesville in die wes-Vrystaat geneem. Tientalle landbouers het al aangedui dat hulle nie dié jaar sal kan plant nie, terwyl talle ander dringend planne maak vir voer om hulle diere aan die gang te hou. (FOTO: Chris Janeke / Vrystaat Landbou)

Die verliese wat Vrystaatse boere aandui vir dielandboubedryf skets ‘n droewige prentjie vir die landelike ekonomie van die provinsie.

Die verliese aan vee en saaiboerdery wat deur 176 boerdery eenhede aangedui is, kom op onderskeidelik sowat R4 miljoen en R408 miljoen te staan.

Dit beteken dat sowat R412 miljoen binne die volgende jaar uit die Vrystaat se ekonomie verlore sal gaan.

Die aantal vee wat reeds gevrek het, is die ekwavalent van 659 grootvee eenhede, en die waarde daarvan kom op R4 073 392 te staan. Die verliese wat gelei is met insetskostes van landbouers wat nie kan plant nie, of die verliese wat hulle nog kan lei, word op R408 020 000 geskat. Altesaam 17 landbouers het dringend toegang tot alternatiewe finansiering nodig, terwyl 15 dringend hulp met water en nuwe boorgate of waterbronne nodig het.

’n Beperkte aantal van Vrystaat Landbou (VL) se lede het droogtehulp behoeftebepalings-vorm ingevul.

Op dié stadium benodig  boere in die provinsie voer, veral ru-voer, vir sowat 40 000 stuks vee, met die Tokologo munisipale gebied wat die hardste getref is. Die gebied sluit dorpe soos Dealesville, Boshof en Hertzogville in.

Volgens navrae benodig landbouers daar dringend voer vir 8726 stuks vee. In baie gevalle word boerderye in dié dele vir die tweede of derde seisoen deur droogte geraak, wat beteken talle landbouers het reeds alles verkoop wat hulle kon.

In die Lejeweleputswa distriks munisipale gebied, wat die Tokologo munisipale gebied asook dorpe soos Bultfontein, Bothaville en Hoopstad insluit, word voer vir 14 636 stuks vee benodig. In die Thabo Mafutsanyane munisipale distrik, wat dorpe soos Bethlehem, Reitz, Warden en Vrede insluit, word voer vir 11 633 stuks vee gevra, en in die Fezile Dabi distrik, wat dorpe soos Frankfort, Kroonstad en Heilbron insluit, is voer vir 2227 stuks vee versoek. Altesaam 6528 stuks vee benodig voer in die Xhariep munisipale distrik, wat dorpe soos Reddersburg, Bethulie, Petrusburg en Trompsburg insluit.

VL het intussen ‘n versoek gerrig aan enige iemand wat ons lede met voerskenking of donasies kan bystaan, om ons te kontak sodat ons die proses om ons lede by te staan, kan fasiliteer.

Die land se benarde droogte situasie is ook duidelik in die parlementêre verslag vir November wat onlangs uitgereik is. Die volledige verslag is hier beskikbaar.

WATERNUUS png

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This