Duduzane Zuma vandag terug in die hof

Duduzane Zuma vandag terug in die hof

Duduzane Zuma verskyn dié week twee keer in die hof – die eerste keer vandag in die Handelsmisdaadhof in Johannesburg op aanklagte van korrupsie en daarna Donderdag in die Randburgse Landdroshof op aanklagte van strafbare manslag.

Oudpresident Jacob Zuma se 34-jarige seun word daarvan aangekla dat hy probeer het om die voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, in Oktober 2015 by die Guptas se Saxonwold-herehuis, om te koop.

Die ander saak hou verband met die dood van twee vroue die volgende jaar in ʼn motorongeluk in Johannesburg.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This