Die jaarlikse Paasnaweek saamtrek van die ZCC-kerkgroep by Moria in Limpopo is bykans op hande en duisende kerkgangers sal reeds vandag daarheen vertrek.
Die verkeersdepartement in Limpopo het gewaarsku dat geen genade aan oortreders betoon sal word nie en sê hulle sal eers na die langnaweek in die hof verskyn.
Meer as ‘n duisend verkeersbeamptes en polisielede sal die Paasnaweek diens op die provinsie se paaie verrig.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.