Duisende karpe dood deur koi herpes-virus

Duisende karpe dood deur koi herpes-virus

Die departement van Omgewingsake sê simptome dui daarop dat die duisende karpe wat die afgelope twee weke in Zeekoevlei en omliggende vleilande in die Kaapse Skiereiland gevrek het, deur die koi herpes-virus veroorsaak is.

Volgens ’n verklaring het die buitengewoon warm en droë weer in die Kaap moontlik die epidemie vererger.

Hoewel die vis nie vergiftig is nie, is mense gewaarsku om dit nie te eet nie omdat dit skadelike bakterieë kan bevat.

Die meeste van die tonne dooie visse is reeds verwyder en die owerhede ruim nog die gebied op.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This