Soveel as 325 onderwysers in die Vrystaat en duisende onderwysers regoor die land het verlede jaar uit hulle poste bedank.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het in antwoord op die DA aangedui dat nagenoeg 5 000 onderwysers het die afgelope jaar uit die onderwys bedank.
Net minder as 30 000 onderwysers het ook dié beroep sedert 2011 verlaat.
Redes vir die uittog van onderysers is nie verskaf nie.
Die uitvoerende hoof van die onderwysersvakbond Naptosa, Basil Manuel, sê onderwysers is bloot moeg en meen die syfers is nie normaal nie.
Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, Fedsas, sê onderwysers in die meeste provinsies in die land kry baie swaar dat daar nie mooi na hulle gekyk word nie.