Duisende veiligheidswagte neem aan optogte deel

Duisende veiligheidswagte neem aan optogte deel

Duisende veiligheidswagte vir transitomaatskappye neem vandag deel aan optogte en protesoptrede landwyd.

Die optogte volg na ‘n onlangse vlaag transitorooftogte wat veral in Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorkom.

In Johannesburg sal meer as ‘n duisend wagte na verwagting na die kantore van die Gautengse LUR vir Veiligheid opruk.

Verkeer is vroeër op die N1 suid by Centurion ontwrig deur veiligheidswagte in transitovoertuie wat baie stadig in ‘n konvooi gery het.

Optogte sal na verwagting ook in Kaapstad, Bloemfontein, Durban en Nelspruit plaasvind.

Die wagte eis beter wapens om hulleself te verdedig, sowel as veiliger voertuie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé