Duitsland verleen unieke eer aan Nelson Mandela

Nuwe standbeeld van Nelson Mandela

Duitsland gaan vanjaar met die herdenking van Nelson Mandela se honderdste verjaarsdag ʼn posseël uitreik ter ere van die voormalige president se nagedagtenis.

Suid-Afrika se ambassadeur in Duitsland, Stone Sizane, sê die land het nog nooit tevore ʼn seël uitgereik ter ere van ʼn buitelander nie.

Eeufeesvieringe vind ook regdeur die jaar in Suid-Afrika plaas.

Madiba sou op 18 Julie 100 jaar oud geword het.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This