Durbanse polisie ondersoek verskeie ploftoestelle wat gevind is

Durbanse polisie ondersoek verskeie ploftoestelle wat gevind is

Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek die ontdekking van verskeie ploftoestelle in en om Durban die afgelope dae.

Gister is twee ploftoestelle op verskillende plekke in Durban gekry.

Die een was onder ‘n motor in Marriot-weg, terwyl die tweede in Milnerweg in Avondale gevind is.

Saterdag moes Woolworths in Gateway ontruim en afgesper word, nadat ‘n tweede plofstoestel in dae in die winkel gekry is.

‘n Soortgelyke voorval was vroeër die week ook in Woolworths in die Pavillion winkelsentrum.

Die polisie in Berea sê hulle ondersoek aanklagte van die oortreding van die wet op plofstof.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This