EERSTE BEURTWATER IN VRYSTAAT INGESTEL

OPLEIDING VIR JONG MENSE OM KRANE EN WATERPYPE REG TE MAAK

Die Vrystaatse regering het aangekondig dat beurtwater ingestel word by die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit .

Die munisipaliteit sluit dorpe soos Kroonstad, Maokeng, Steynsrus, Matlwangtlwang, Viljoenskroon en Rammulotsi in.

Die ingrypende aankondiging kom enkele dae nadat die Minister van Waterwese en Sanitasie, Nomvula Mokanyane, landsburgers die versekering gegee het dat beurtwater nooit in die land ingestel sal word nie.

Die DA in die Vrystaat sê swak bronnebestuur, beplanning en instandhouding is die oorsaak van hierdie ingryping.

Rosestad 100.6 Nuus Nomvula Mokanyane Water Kroonstad

Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokanyane

 

Rosestad 100.6 Nuus Logo

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This