El Niño verswak, droogte nog nie gebreek

Rosestad 100.6 Nuus El Niño Mei reënval

Weervoorspellers van die departement van water en sanitasie voorspel dat ondergemiddelde reënvalsyfers en hoë temperature nog tot Mei kan duur.

Volgens Sputnik Ratau, die departement se woordvoerder, is die volgende twee tot drie maande se voorspelling ongunstig, maar weervoorspellers voorspel wel dat El Niño besig is om te verswak.

Phemelo Zonke van die Bloemfonteinse weerkantoor sê sy dink nie die droogte is iets van die verlede nie.

Sy sê veral Bloemfontein en die sentrale dele van die land is baie swaar daardeur getref.

Baie plekke het nog waterbeperkings en Zonke is van menig dat ditn nog ’n rukkie sal aanhou.

Hier is die jongste stand van damme soos deur die departement van waterwese verskaf:

Rosestad 100.6 Nuus Damme Maart

Bron: https://www.dwa.gov.za/Hydrology/Weekly/ProvinceWeek.aspx?region=FS

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This