Erasmus praat glo met oorsese spelers vir Springbokspan

Suid-Afrika se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, praat volgens berigte met
ʼn aantal spelers wat hulle oorsee bevind en wat hy graag wil hê moet deel uitmaak van die Springbokspan vir volgende jaar se Wêreldbeker in Japan.

Dit volg nadat Allister Coetzee se diens as nasionale afrigter beëindig is terwyl Erasmus na verwagting sy verantwoordelikhede ook sal oorneem.

Die oorsese spelers in Erasmus se visier sluit in Vincent Koch, Willie le Roux, Frans Steyn, Bismarck du Plessis, Juan de Jongh, Faf de Klerk, Jan Serfontein, Duane Vermeulen, JP Pietersen en Patrick Lambie.

Die Bokke kom in Junie teen Engeland te staan in ʼn reeks van drie toetse in Suid-Afrika.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This