Eskom gee munisipaliteite kans om skuld te betaal

Eskom bereik ooreenkoms met 2 munisipaliteite in Mpumalanga

Eskom het besluit om nie vandag die kragtoevoer af te sny na Oos-Kaapse munisipaliteite wat hom geld skuld nie, maar dit na oormôre uit te stel.

Die owerhede Raymond Mhlaba, Walter Sisulu en Inxuba Yethemba kry langer kans om hulle skuld te betaal.

Eskom het aan die parlementêre komitee op Energie gesê die toenemende berg skuld noop hom om kragtoevoer af te sny.

Munisipaliteite het die kragvoorsiener einde Julie R11 miljard geskuld.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This