Eskom maak planne om onwettige stakings teen te werk

Eskom sê die elektrisiteitstelsel is feitlik heeltemal herstel

Eskom sê hy probeer in samewerking met die polisie sy infrastruktuur beveilig te midde van die onwettige staking by sommige kragstasies.

Eskom het gistermiddag in ‘n verklaring gesê beurtkrag bly ‘n groot moontlikheid weens druk op die kragnetwerk.

Dit hou verband met die intimidasie van nie-stakende werkers by sommige kragstasies, asook voorvalle van sabotasie.

Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe sê die stakers probeer Eskom vermoedelik dwing om aan hul eise vir bonusbetalings, toe te gee.

Die salarisonderhandelings tussen die vakbonde en Eskom sal Vrydag voortgaan.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé