Estina-melkplaasprojek: OB nie tevrede met verslag nie

DA VRA VERSLAG OOR VREDE-SUIWELPROJEK

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê sy is nie heeltemal
tevrede met die verslag oor die Estina-melkplaasprojek by Vrede in die Vrystaat nie, omdat sy weens ‘n beperkte begroting nie alles kon ondersoek nie.

Mkhwebane het die Vrystaatse premier aangewys om tugstappe te doen teen amptenare wat in die verslag uitgewys word.

Die OB het die provinsie se Departement van Landbou aan wanadministrasie skuldig bevind.

Die Valke ondersoek ook die projek van miljoene rand waarby swart boere moes baat vind.

Nóg instellings soos die Nasionale Vervolgingsgesag kan moontlik ook teen diegene optree wat in die verslag genoem word.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This