Estina-melkplaasprojek: VS regering steeds besig om verslag te bestudeer

Die Vrystaatse regering sê hy is nog besig om die Openbare Beskermer se
verslag oor die omstrede Estina-melkplaasprojek naby Vrede te bestudeer.

Busisiwe Mkhwebane het bevind daar was onreëlmatighede en wanadministrasie tydens die projek.

Die projek moes bykans 100 mense bevoordeel het, maar het na bewering grootliks die Estina-maatskappy van die Guptas bevoordeel.

Die EFF in die Vrystaat sê hulle vertrou dat die Valke se ondersoek die skuldiges sal uitwys.

Die party sê egter hulle is teleurgesteld met die verslag omdat dit poog om die premier, Ace Magashule vry te spreek.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé