EU vergader nou sonder Brittanje

EU vergader nou sonder Brittanje

Leiers van die Europese Unie het vanoggend die tweede dag van hulle noodberaad in Brussel sonder Brittanje voorgesit.

Dit volg nadat Britte verlede week ten gunste daarvan gestem het om die EU vaarwel te roep.

Die Britse eerste minister, David Cameron, het gister gesê hulle wil noue bande met die EU hê, maar dat immigrasie ‘n groot bron van kommer vir Britse kiesers is.

Die Suid-Afrikaanse rand het intussen vanoggend teenoor die Amerikaanse dollar verstewig.

Die rand het vroeër vanoggend rondom R15 teenoor die dollar verhandel wat byna 4% beter is as die vlak Vrydag na die nuus dat die Britte besluit het om die Europese Unie te verlaat.

‘n Ekonoom van Rand Merchant Bank, John Cairns, sê internasionale markte is besig om te stabiliseer en aandele in ontluikende markte is ook gewilder.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "EU vergader nou sonder Brittanje"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This