FOTO’S: DÍS HOE DROOG DIE GARIEPDAM IS

Die Gariepdam in die Suid-Vrystaat is 'n gewilde oord vir seiljag-eienaars. Dié foto (Tjaard van der Walt)  wys hoe droog dit tans by dié dam is.Die Gariepdam in die Suid-Vrystaat is 'n gewilde oord vir seiljag-eienaars. Dié foto (Tjaard van der Walt) wys hoe droog dit tans by dié dam is.

Hoewel die Gariepdam in die Suid-Vrystaat tans meer as 50 % vol is, skets dit nie ware prentjie van die situasie by dié dam nie.

Volgens die jongste beskikbare syfers deur die departement van waterwese en sanitasie, het die dam tans 53,4 % van sy waterkapasiteit.

Foto’s wat deur Tjaart van der Walt van Bloemfontein geneem is skets egter ‘n droewiger prentjie van die belangrike dam.

Van der Walt het  Maandag foto’s op Facebook geplaas van die dam, waar die normale watervlak ver bo die huidige watervalk sigbaar is.

Die foto’s wys ook hoe min water daar vir seiljagte is om op te dryf.

Vrystaatse damme is onder geweldige druk met die droogtetoestande wat tans in die grootste gedeelte van die binneland heers.


Rosestad 100.6 Nuus Gariepdam droogte waternuus 4Rosestad 100.6 Nuus Gariepdam droogte waternuus 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This